Cristiano Ronaldo

Cristiano Ronaldo

Cristiano Ronaldo speel vir Portugal in 2018
Persoonlike inligting
GeboortenaamCristiano Ronaldo dos Santos Aveiro
Gebore5 Februarie 1985 (1985-02-05)[1]
GeboorteplekFunchal, Madeiraeilande, Portugal
Lengte1,85 m[2]
SpeelposisieVoorspeler, doelskieter
Klubinligting
Huidige klubAl Nassr
Nommer7
Jeugloopbaan
1992–1995Andorinha
1995–1997Nacional
1997–2002Sporting CP
Seniorloopbaan*
JareSpanKere(Doele)
2002–2003Sporting CP B2(0)
2002–2003Sporting CP25(3)
2003–2009Manchester United196(84)
2009–2018Real Madrid292(311)
2018–2021Juventus98(81)
2021–2022Manchester United40(19)
2023–Al Nassr
Nasionale span
2001Portugal o/159(7)
2001–2002Portugal o/177(5)
2003Portugal o/205(1)
2002–2003Portugal o/2110(3)
2004Portugal o/233(2)
2003–Portugal192(118)
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga. en korrek soos op 25 November 2022.

† Kere uitgedraf (Doele).

‡ Nasionale spankere en -doele korrek soos op 25 November 2022

Cristiano Ronaldo dos Santos Aveiro (Portugees: [kɾiʃ'tjɐnu ʁuˈnaɫdu]; gebore op 5 Februarie 1985 in Funchal, Madeiraeilande, Portugal is 'n Portugese sokkerspeler wat vir Manchester United speel. Hy het vantevore vir Sporting Lissabon, Real Madrid en Juventus gespeel. Hy het ook 192 keer vir die Portugese nasionale sokkerspan uitgedraf, waartydens hy 118 doelpunte aangeteken het.

Hy verkies om as 'n linkervleuel te speel. Hy word beskou as een van die grootste spelers van alle tye. Hy het Juventus in Augustus 2021 vir Manchester United verruil. Tot 2013 was hy die duurste sokkerspeler, in terme van oordragkoste, van alle tye. In 2015 het hy die topdoelskieter van alle tye van die UEFA Champions League geword, asook die Real Madrid-speler wat die meeste doele aangeteken het. In 2018 het hy hom by die tien spelers aangesluit wat die Europese UEFA Champions League minstens vyf keer gewen het, en die enigste speler wat dit met twee verskillende klubs bereik het. Sy prestasies as klubspeler sluit ook ses ligatitels, vyf nasionale bekers, ses nasionale superbekers, drie Europese superbekers en vier wêreldklubkampioenskappe in.

Ronaldo het sy debuut in 2003 vir die Portugal nasionale sokkerspan gemaak, waarvan hy in 2008 kaptein en topdoelskieter van alle tye geword het. Hy is in 2008, 2013, 2014, 2016 en 2017 as die beste sokkerspeler ter wêreld aangewys en hou die rekord vir internasionale doele.

  1. Lewis, Tim (8 Junie 2008). "He's got the world at his feet". The Guardian (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2019. Besoek op 17 September 2016.
  2. "Cristiano Ronaldo (CR7)". realmadrid.com (in Engels). Real Madrid. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2019. Besoek op 17 September 2016.

Developed by StudentB